​Die R2 miljoen Johannesburg droomhuis

Johannes van Graan Johannes van Graan
House St Andrews, Principia Design Principia Design Moderne woonkamers
Loading admin actions …

Die plek: Johannesburg. Die profesionele ontwerpers: Principia Design. Die projek: Die opknapping van ‘n vervalle ou huis wat dit in ‘n super sjiek en moderne droomstruktuur verander, insluitende fantastiese meubels, elegante dekor en, natuurlik, ‘n massiewe swembad en tuin om mee te spog.

Die prys: R2 miljoen.

Kom ons loer ‘n bietjie…

Eksterne elegansie

Dis soos ‘n welige paradys wat ‘n sjiek ontwerp ontmoet – wanneer laas het jy so ‘n tuin gesien wat met so ‘n fantastiese styl spog? Of ‘n stoep met sulke treffende beligting en bekoorlike dekorstukke?

Pure paradys

Wat ‘n ongelooflike uitsig, en om te dink hierdie kan iemand se agtererf wees! Daardie ruim stoep bied meer as genoeg spasie vir nie net ‘n voortreflike swembad en tuinontwerp nie, maar ook vele eet- en sitplekkies vir wanneer mens nou ordentlik wil onthaal. 

As die buitekant so lyk, wat kan ons aan die binnekant verwag?

Die sitkamer

Die sitkamer is net so gesofistikeerd as die stoep en tuin, en bied al die regte elemente aan om ‘n elegante en praktiese spasie op te tower, soos daardie uitmuntende moderne kaggel, die L-vorm sofa, deursigtige koffietafel, ens.

Die badkamer

Hoe gereeld ontspan jy in ‘n borrelbad met so ‘n pragtige uitsig? Natuurlik is die buitekant se tuin so opgedoen dat dit selfs van die binnekant af waardeer kan word, of jy nou onthaal in die sitkamer of tande borsel in die badkamer!

Kom ons loer na nog so paar foto’s van hierdie merkwaardige ontwerp.

En wat tref ons aan in die westelike deel van Suid-Afrika? Die pragtigste huis in die Kaap, dis wat!

Hulp nodig bij uw woonproject?
Neem contact met ons op!

Hoogtepunten uit ons magazine