​10 briljante idees vir ‘n Suid-Afrikaanse braai

Johannes van Graan Johannes van Graan
CASA DAS PRIMAVERAS, BRAVIM ◘ RICCI ARQUITETURA BRAVIM ◘ RICCI ARQUITETURA Moderne balkons, veranda's en terrassen
Loading admin actions …

As daar nou een ding is wat baie Suid-Afrikaners na aan die hart lê, is dit om saam met familie en vriende rondom ‘n oop vuur te kuier. Voeg ‘n stukkie vleis by, en dit verander in een van die mees sosiale geleenthede in ons land: ‘n braai!

Dus, om jou te inspireer vir jou volgende kuier aksie, asook die spasie waar dit gaan plaasvind (of dit nou die tuin, die stoep of die kombuis is), kyk bietjie na hierdie 10 lekker voorbeelde van braaiers in en rondom die huis.

1. Hierdie onderdak stoep is ‘n hele kombuis op sy eie – en moenie daardie treffende pizza oond miskyk nie!

2. As jou idee van ‘n braai ietsie meer elegant en klassiek is, stel ons hierdie monochroom ontwerp voor.

3. Hierdie skanskorf ontwerp werk perfek as ‘n braaier en kaggel!

4. Lyk hierdie braaier nie soos ‘n kombuis eiland nie? Dit het soveel stoorspasie en werksplek dat dit sommer ‘n ordentlik kuierpunt op sy eie is.

5. Vir ‘n kuier langs die swembad stel ons definitief hierdie klip ontwerp met houtkaste voor.

6. Natuurlik kort ‘n braaiplek genoeg spasie vir al daardie borde, speserye, drinkgoed ens. – presies wat hierdie ontwerp aanbied.

homify Mediterrane tuinen Accessoires & decoratie

7. Vir daardie geleenthede wanneer jy meer as een braai aan die gang moet hou, kan hierdie treffende klip ontwerp perfek werk.

8. En moenie vergeet om darem gemaklike (en stylvolle) sit- en eetplek vir jou gaste te hê nie.

Outdoor Cooler, Blastcool Blastcool Mediterrane tuinen Accessoires & decoratie

9. Hierdie kombuis met sy binnebraai is ideaal vir wanneer die weer nie wil saamspeel met jou kuierplanne nie.

10. En gepraat van onderdak, hoe stylvol is hierdie kuier/braai area nie met sy baksteenmuur en pragtige bar nie?

Is daardie erf darem netjies genoeg vir jou volgende braai? Vir bietjie inspirasie, kyk na hierdie 8 tuine wat jou sommer gaan lus maak vir tuinmaak!

Hulp nodig bij uw woonproject?
Neem contact met ons op!

Hoogtepunten uit ons magazine