​25 eenvoudige maar stylvolle huise vir jou begroting

Johannes van Graan Johannes van Graan
Neo Classical Design For New Build Family Home, Marvin Windows and Doors UK Marvin Windows and Doors UK Klassieke ramen & deuren
Loading admin actions …

Dis nou maar ‘n feit dat mens dink jy kort miljoene om ‘n ruim en stylvolle huis te geniet – gelukkig is dit glad nie so nie, aangesien ‘n klein skeppingtjie (en selfs ‘n voorafvervaardigde huis) selfs nog meer aanloklik kan lyk as ‘n groot een, ewe smaakvol opgetower kan word, en dan nog teen ‘n prys gebou of gekoop word wat nie jou sak gaan ruk nie.

Loer gerus na hierdie 25 voorbeelde wat jou definitief nie ‘n arm en ‘n been hoef te kos nie.

1. Wie sê jy moet oorboord gaan met frilletjies en valletjies? Hierdie minimalistiese styl lyk tog te elegant.

2. Tradisionele argitektuur is klassiek vir ‘n rede: dis maklik, eenvoudig en tydloos, wat beteken minder toekomstige kostes vir jou.

3. Belê in ‘n woning met baie vensters, glasdeure en/of dakvensters. Die inkomende lig sal die temperatuur binne die huis meer konstant hou, wat jou ook ‘n paar rand sal spaar.

4. ‘n Natuurlike material soos hout kan definitief ingespan word om ‘n huisie op ‘n begroting op te tower – en dit lyk mos altyd so oulik!

5. Selfs ‘n klein (en goedkoop) erf kan werk as jy slim is met jou huis se styl en uitleg.

6. Verskillende materiale aan jou huis se buitekant maak hom sommer vinnig mooi sonder om baie geld te kos.

7. ‘n Dubbelverdieping is nie altyd nodig nie – spaar ekstra kostes met ‘n grondvlak woning.

Коттедж на 100 кв.м., hq-design hq-design

8. Nog ‘n voorbeeld wat vir ons wys hoe stylvol hout op die regte plekke kan lyk.

homify Moderne huizen

9. Al is hierdie huis nie reusagtig nie, trek dit nog steeds lekker aandag danksy die boustyl en verskillende materiale.

Church Mews, Hartland, Devon homify Moderne huizen

10. ‘n Motorhuis hoef nie baie geld te kos nie, en help jou ook baie bespaar met stoorspasie en deur voertue veilig te hou.

11. ‘n Huis wat pragtige uitsigte (soos ‘n tuin) geniet sal jou sommer meer welkom laat voel.

homify Moderne huizen

12. Ons is altyd mal oor wonings met ‘n unieke styl, soos hierdie tamaai boomstompe.

13. Laat jou ingang mense se asems wegslaan deur dit skoon, netjies en stylvol te hou. Dit sal jou huis sommer beter (en duurder) laat lyk.

homify Moderne huizen

14. Die regte beligting (binne en buite) kan jou huis sommer stukke beter laat lyk!

15. ‘n Oopplan uitleg sal ‘n woning groter laat lyk en voel.

16. ‘n Gewone baksteen huisie kan teen ‘n goedkoop prys gebou word, en natuurlik kan die eindresultaat te fraai lyk.

homify Klassieke huizen

17. Platdak huise kan ook help om bietjie kostes te bespaar, en sal jou huis baie meer modern laat lyk.

18. Moet nooit vergeet hoe belangrik ‘n pragtige tuin aan jou huis se voorkant kan wees nie.

19. Hierdie eenvoudige blok-struktuur is opgetower en baie meer netjies gemaak danksy die kleure, hout, beligting en tuin uitleg.

20. Fokus op die “detail” aan die buitekant, soos jou heining.

21. ‘n Tradisionele huisie gemeng met moderne afwerkings kan ‘n heel unieke skepping word.

22. Verskillende teksture en patrone (soos baksteen, klip en hout) kan definitief aandag op ‘n goeie manier trek!

23. Hier kan ons sien hoe skoon lyne en skerp hoeke ons aandag aftrek van hoe klein hierdie huis eintlik is.

24. As jy regtig wil hê jou woning moet uitstaan, laat dit bietjie anders lyk as jou bure s’n. Daar is soveel opsies!

New build West Sussex UK At No 19 Rustieke huizen

25. Soms is bietjie verfwerk die enigste ding wat mens se huis kort. Eksperimenteer dalk met ‘n ander kleur.

Own Self build, Xspace Xspace Moderne huizen

So gepraat van kleure, kyk na: 6 tips for colour mistakes to avoid in your home.

Hulp nodig bij uw woonproject?
Neem contact met ons op!

Hoogtepunten uit ons magazine